ONS GEE OM
Welkom by ons webtuiste
Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid Afrika is ‘n lewenskragtige evangeliese kerk wat op ‘n gereformeerde grondslag berus.
Moontlik het u nog nooit met die kerk kennis gemaak nie. Dit mag selfs wees dat u nog nooit van die kerk gehoor het nie of ‘n verkeerde begrip omtrent die kerk het. Ons beskou dit as ‘n besondere voorreg om u langs hierdie weg in te lig en beter kennis te laat maak met die EG Kerk van Suid Afrika en meer spesifiek die Kempton Park Gemeente.
ONS GEMEENTE IS GROOT GENOEG OM U TE AKKOMMODEER EN KLEIN GENOEG OM U TE WAARDEER
'n Gemeente vir die gesin
Die ontstaan van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Suid Afrika
Die kerk is gestig op 21 April 1944 deur 49 Kerkraadslede van die N.G.Kerk, Smithstraat, Durban, onder die naam “Die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika”. Op 18 Augustus 1986 is die naam van die Kerk deur die Sinode verander na die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika.
Die rede vir die naamsverandering was die voortdurende verwarring en assosiëring van die Kerk met die Pinksterkerke, terwyl die Kerk baie duidelik in die Gereformeerde stroom is, maar met ‘n sterk Evangeliese karakter. Daar is gemeentes in al 9 provinsies van Suid-Afrika. Kenmerkend van die Kerk is die eenvoudige en verstaanbare boodskap wat onder inspirasie van die Heilige Gees na die mens gebring word onder die leuse: “So sê die Here”
Ons Leraarspaar - Ds Willie & Marike Olivier
EG Kempton Park is geseënd met ‘n kosbare leraarspaar, Ds Willie is getroud met Marike en hul het twee kinders, Schalk en Wilmari
Kontak ons - Ons sien uit om van u te hoor
H/v Drakensberg & Tafelkop
Van Riebeeck Park
Kempton Park, Gauteng
Suid-Afrika